KKI PRYSLYS 10 Sept
KKI - Jaaroorsig 2010
KKI - Year Review 2010
KK Kooperasie - Jaaroorsig 2009
KK Co-Operative - Year Review 2009
KLEIN KAROO Groep van Maatskappye
Die KLEIN KAROO Koöperasie is in 1945 gestig om volstruisboerdery en -bemarking op ‘n gestruktueerde en ordelike wyse te fasiliteer. Hierdie versiende besluit het die voortgesette bestaan en groei van volstruisproduksie in die Klein Karoo–gebied verseker, en sodoende ‘n wêreld-leier in die volstruisbedryf tot stand gebring.
Die KLEIN KAROO Koöperasie het reeds ‘n magdom ondervinding en kundigheid oor meer as 50 jaar opgebou wat suksesvol aangewend word in die verwerking en bemarking van die koöperasie se kommersiële produkte soos volstruisvere, -vleis en –leer.
KLEIN KAROO het wêreldwyd die waarmerk van gehalte in volstruisleer geword. Dit is dus geen wonder dat Klein Karoo-volstruisleer tans die leier is op die gebied van eksklusiewe mode-items en -bybehore nie.
KLEIN KAROO Saad is ‘n ander dinamiese afdeling van die Koöperasie. Dit spesialiseer in die produksie van hoëgehalte groente- en weidingsaad. Hierdie afdeling versprei en bemark ook ‘n portefeulje gehalte handelsmerke na kliënte in Suid-Afrika sowel as internasionaal.
